Vine Academy and
Model Farm
Die Vine Academy and Model Farm is ontwikkel uit ‘n vennootskap tussen die Noord-Kaapse provinsiale regering en Raisins SA.
Die doel van die akademie is om spesifieke akademiese en vaardigheidsuitdagings aan te spreek binne die Wingerdbedryf in Suid-Afrika.
Die Vine Academy and Model Farm bevoordeel en fokus op die leerders en omliggende gemeenskappe direk as ‘n katalisator vir volhoubare groei en ekonomiese ontwikkeling binne die landbousektor.
Die Model Farm bied aan studente die geleentheid om akademiese en praktiese vaardigheid in die wingerdbedryf op te doen in voorbereiding tot werksgeleenthede in die industrie.
Die akademiese waardeketting bied ‘n geleentheid tot tersiêre kwalifikasies aan studente wat nie oor sekondêre onderwys kwalifikasies beskik nie.
Die industrie dra by tot beurse aan geselekteerde studente om hul hoërskoolloopbaan te voltooi en verder te studeer aan die akademie.
Hierdie wêreldklas Vine Academy and Model Farm lewer ‘n vaardigheidsontwikkelingsdiens wat bydra tot die bevordering van volhoubare boerderypraktyke.
Die akademie is ontwikkeling en word ondersteun deur die Lanbou sektor met die doel om voorheen benadeelde Individue (PDI’s) en algehele transformasie van die bedryf te bevorder


