Kostestruktuur en Tariewe
vir 2023 / 2024

 

Studente kategorie Jaar 1 (2023): Jaar 2 (2024):
Registrasie  R 2 000 R 2 000
Voltyds inwonende studente R 150 000 R 155 000
Dagstudente R 90 000 R 95 000
e-Leer Studente R 80 000 R 85 000
Notas:

Voltydse inwonende studente is studente wat aansoek doen en toegelaat word om voltyds te studeer aan die VAMF en wat voltyds inwoon in die studente koshuis en deelneem aan alle akademiese-, kulturele- en sosialeaangeleenthede wat die akademie aanbied .

Dagstudente is studente wat aansoek doen en toegelaat word om voltyds te studeer aan die VAMF en wat in eie akkommodasie tuisgaan (nie op die kampus nie), maar steeds deelneem aan alle akademiese-, kulturele- en sosialeaangeleenthede wat die akademie aanbied .

e-Leer studente is studente wat aansoek doen en toegelaat word om voltyds of deeltyds te studeer aan die VAMF en wat elders in Suid-Afrika woonagtig is en dus nie deelneem aan enige kulturele- en sosialeaangeleenthede wat die akademie aanbied nie.

Beleid
Alle studente val onder die regulasies van die akademiese- en finansiële beleid van die VAMF en studente moet voordat hulle aansoek doen die beleide bestudeer en hulle vergewis van die inhoud daarvan. Studente kan skriftelik aansoek doen om studie beurse, of vir spesiale vergunning om studies maandeliks per debietorder te betaal. Alle aansoeke word oorweeg volgens die VAMF se akademiese en finansiële beleid.

Navraag kan gerig word aan die Hoof van Finansies by finance@vamf.co.za