Vine Academy and Model Farm
Studente Sake
Studentelewe
Voltydse studente sowel as dagstudente funsksioneer gedurende die dag in amptelike studietye as ‘n hegte eenheid. Hulle draf saam klas, woon spesiale lesings by, voltooi studies en werkstukke aanlyn in die rekenaar laboratorium en woon praktiese werksessies by.
Al is ons relatief min in getalle, het ons ook ‘n heerlike studente lewe met ervarings wat jou ‘n leeftyd sal bybly.
GEDRAGSKODE En AKADEMIESE REëLS
Alle studente wanneer hulle die kampus terrein of akkommodasie eenheid betree, val te alle tye onder die studente gedragskode en akademiese reëls en regulasies van die VAMF.
STUDENTE RAAD
Die Studente raad word jaarliks demokraties deur die studente self verkies en is verantwoordelik vir die toepassing van die algemene gedragskode, akademiese gedragkode, gedragsreëls, dissiplinêre stelsel en rapporteer direk aan die kampusbestuur.
