Nasionale Sertifikaat:
Wingerdbou, NQF 4

SAQA ID: 49009, 142 Krediete

Ideaal vir gewastegnici en toesighouers

Hierdie kwalifikasie fokus op die toesig oor operasionele agronomie en tuinbouproduksie-aktiwiteite.
Die kwalifikasie stel die student in staat om toesig te hou oor agri-besigheid en landboupraktyke in gewasproduksie.

Oorsig

Die Nasionale Sertifikaat in Plantproduksie sal studente toerus met gefokusde kennis en vaardighede in primêre gewasproduksie. Tydens die kursus kan studente in verskeie agronomiese en tuinbouproduksiestelsels spesialiseer. Bykomende kursusinhoud, ontwerp deur sleutelrolspelers in die bedryf, is ingesluit om te verseker dat studente aan die nuutste tegnologie in bedryfsontwikkelings blootgestel word.
Na suksesvolle voltooiing van die Nasionale Sertifikaat in Wingerdbou, kan studente vir ‘n Nasionale Diploma in Wingerdbou NQF 5 inskryf.

Vereistes

Graad 10, met basiese geletterdheid in Engels op NQF 3 (40%)
Kommunikasie op NQF 2
Wiskundige Geletterdheid op NQF 2
Landbou-aktiwiteite by NQF 3

Tydsduur

12 maande

Metodologie

Die Nasionale Sertifikaat in Wingerdbou word aangebied as ‘n opwindende, gemengde aanbieding deur e-leer, of die bywoning van klasse as buitemuurse – of voltyds inwonende student van VAMF.

Taalbeleid

Die amptelike akademiese taal is Engels, maar die aanlyn Agri-pedia e-Leer platform het vertalings opsies na Afrikaans en vele ander inheemse en internasionale tale.

Semesters en Klastye

Die VAMF val in by die amptelike skole- en universiteite semesters, vakansies en openbare vakansiedae.
Klastye gedurende normale werksdae duur vanaf 08H00 tot 13H00 en 14H00 tot 17H00