Nasionale Diploma:
Wingerdbou, NQF 5

SAQA ID: 49010, 240 Krediete

Ideaal vir Junior Plaasbestuurders, Gewasprodusente en Wingerdboukundiges

Hierdie kwalifikasie fokus op die toepassing en bestuur van operasionele wingerdbou.
Die kwalifikasie stel die student in staat om as ‘n junior plaassbestuurder op te tree, of ‘n loopbaan binne die landbou-industrie te volg, of ander relevante vertakkings binne die landboupraktyke in wingerdbou en produksie te bestuur.

Oorsig

Die Nasionale Diploma sal studente toerus met gefokusde tegniese en bestuurskennis en vaardighede in die primêre agronomie en wingerdbou industie in suider-Afrika. Tydens studies sal die student fokus op spesialis vakke benodig om binne die wingerdbou bedryf in ‘n junior bestuurspos te werk. Bykomende kursusinhoud, ontwerp deur sleutelrolspelers in die bedryf, is ingesluit om te verseker dat studente aan die nuutste bestuurstegnieke binne industrie-ontwikkeling blootgestel word. Die kurrikulum fokus ook op bestuurspraktyke binne ‘n omgewing van volhoubare produksie.
Nadat die Nasionale Diploma in wingerdbou suksesvol voltooi is, kan studente vir ‘n Baccalaureusgraad in Landbou in dieselfde rigting inskryf.

Vereistes

Nasionale Sertifikaat op NQF 4
Nasionale Senior Sertifikaat (Graad 12)

Tydsduur

24 maande

Metodologie

Die Nasionale Diploma in wingerdbou word aangebied as ‘n opwindende, gemengde aanbieding deur e-leer, of die bywoning van klasse as buitemuurse – of voltyds inwonende student van die VAMF.

Taalbeleid

Die amptelike akademiese taal is Engels, maar die aanlyn Agri-pedia e-Leer platform het vertalings opsies na Afrikaans en vele ander inheemse en internasionale tale.

Semesters en Klastye

Die VAMF val in by die amptelike skole- en universiteite semesters, vakansies en openbare vakansiedae.
Klastye gedurende normale werksdae duur vanaf 08H00 tot 13H00 en 14H00 tot 17H00