Vine Academy and Model Farm
Die voorloper Wingerdbou Akademie met ‘n
waardeketting van Industrie gedrewe kwalifikasies
Die Vine Academy and Model Farm is ‘n akademiese instelling wat ‘n waardeketting van kwalifikasies in Wingerdbou aanbied in samewerking met Raisins SA en Industrie Vennote.
• Nasionale Sertifikaat: Wingerdbou, NQF 4
Die 1- jaar Nasionale Sertifikaat in Plantproduksie wat spesialiseer in wingerdbou is ‘n industrie ondersteunde kwalifikasie met ‘n fokus op operasionele wingerdbouproduksie binne die raamwerk van wetenskaplike kennis oor plantbiologie, chemie, toegepaste wiskunde, landbou-ingenieurstegnologie, landbou-ekonomie en strategiese besigheidsbestuur.
• Nasionale Diploma: Wingerdbou, NQF 5
Die 2- jaar Nasionale Diploma in Plantproduksie wat spesialiseer in wingerdbou is ‘n industrie ondersteunde kwalifikasie met ‘n fokus op gevorderde wingerdbouproduksie binne die raamwerk van wetenskaplike kennis oor landbou-wetenskap, ekologiese beginsels, tegniese beplanning, landbou-ekonomie en gevorderde finansiële besigheidsbestuur.
• Tegniese Kortkursus Kwalifikasies
Verskeie tegniese kwalifikasies word aangebied in ondersteuning tot die amptelike Sertifikaat- en Diploma kursusse. Die kortkursusse word ook aangebied aan plaaswerkers, studente en belangstellende produsente.
- Inleiding tot grondkunde
- Gevorderde grondkunde
- Bemesting van wingerde
- Besproeiing van wingerde
- Snoei van wingerde
- Boord-, pes- en plaagbeheer
- Trekker bestuur en onderhoud
- Inleiding tot die ekonomie van wingerdbou
- Finansiële bestuur en state
- Beplanning en vestiging van boorde
- Landbou-chemikalieë in die praktyk
- Lugbespuiting van boorde
- Beplanning en konstruksie van prieële
- Toerusting en masjinerie diens en onderhoud
• Akkreditasie
Die Vine Academy and Model Farm NPC word bedryf onder ‘n lisensie ooreenkoms met die International Agricultural Academy for Africa (Pty) Ltd, geakkrediteer tot die AgriSETA met registrasiekode AGRI/c prov 0880/18, ETQA ID 694
Beroepsgerigte Opleiding en Werksgeleenthede
Die VAMF se beroepsgerigte opleiding is geskoei op die werklike vraag na werksgeleenthede binne die wingerdboubedryf en industrie.
Hierdie beroepsgeleenthede sluit in, maar is nie beperk tot die volgende nie:
- Bestuurstegnikus (Nasionale Sertifikaat)
- Junior plaasbestuurder (Nasionale Diploma)
- Wingerdboutegnikus (beplanning en vestiging van boorde)
- Menslike Hulpbron Bestuurder
- Pakhuisbestuur
- Industrie tegnikus (Kunsmis en chemikalieë agent en tegnikus)
- Masjinerie tegnikus en toerusting onderhoud
- Plaastegnikus (trekker operateur, meganiese bespuiting, snoei en onderhoud van boorde)
- Stoor- en pakhuis bestuurder
- Navorsingsontwikkeling (verdere tersiêre studies tot n akademiese loopbaan).
Jeuguitruil- en Studieprogram
Hoërskoolleerlinge wat belangstel in die Verenigde State van Amerika uitruilgeleentheid,
Klik Hier

